Slag van Colenso

Slag van Colenso
Deel van Tweede Vryheidsoorlog

Boerekommando's in aksie by Colenso
Datum 15 Desember, 1899
Ligging Colenso
Resultaat Boere-oorwinning
Strydende partye
Zuid-Afrikaansche Republiek
Oranje-Vrystaat
Verenigde Koninkryk
Bevelvoerders
Louis Botha Redvers Buller
Sterkte
4 500 21 000
Ongevalle
6 dood
21 gewond
143 dood
755 gewond
240 krygsgevangenes

Die Slag van Colenso het tydens die Tweede Vryheidsoorlog tussen die Britse magte en die Boeremagte van die ZAR en die Vrystaatse Republiek op die 15de Desember 1899 plaasgevind.

Ontoereikende voorbereiding en verkenning en 'n gebrek aan begeesterde leierskap het gelei tot hoë ongevalle en 'n vernederende nederlaag deur die Britse magte.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne